Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Perdesiekte
Perdesiekte [boodskap #123313] Wo, 02 Januarie 2019 17:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Perdesiekte is 'n ernstige siekte wetenskaplik bekend as Oedema Mycosis. Sedert 1719 in Suidelike Afrika bekend. In Victoriaanse tye is dit in die warmste dele van die subkontinent in episoötiese vorm aangetref, veral tussen Desember en Mei. Die dodesyfer was hoog en diere wat herstel het is ‘gesout’ genoem en het hoë pryse behaal weens hulle weerstand teen die siekte. Met ’n enkele uitbreking aan die Kaap het meer as 70,000 perde gevrek. In die jare 1890 is navorsing die eerste keer in perdesiekte gedoen deur dr. Alexander Edington, direkteur van die Koloniale Bakteriologiese Instituut, wat verklaar het dat die siekte die gevolg is van ‘die teenwoordigheid van plantespore van ’n mikro-organisme van ’n swamagtige aard wat in die bloed is’. In die latere jare is perdesiekte bestry deur die inenting van ’n serumvirus, en ná 1930 is daar groot sukses behaal met die ‘neurotropiese’ muisbrein-entstof wat deur die laboratoriums op Onderstepoort ontwikkel is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Perdekop
Volgende onderwerp: Perdewedren
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:52:46 MGT 2024