Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Perd
Perd [boodskap #123310] Wo, 02 Januarie 2019 17:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mans op perde.
Mans op perde.
'n Perd is 'n hoefdier uit orde van onewehoewige soogdiere. 'n Manlike perd is 'n hings en 'n vroulike perd is 'n merrie. Die algemene term vir 'n jong perd is 'n vul. 'n Gekastreerde hings is 'n reun.

Perde is nie inheems aan Suidelike Afrika nie, en was so onbekend dat die Zoeloes en ander stamme wat die eerste keer ruiters gesien het, geglo het dat die mens en dier een kreatuur is. Perde is baie vroeg na Suid-Afrika gebring — die eerste het in 1653 uit Batavia aan die Kaap aangekom, net ’n jaar na die landing van Van Riebeeck. Aangesien die perde uit Java nie geaard het in die plaaslike toestande nie, is beter geteelde diere in 1689 na Suid-Afrika gebring en hulle het die fondament gelê vir die beroemde Kaapse perderas wat gou dwarsdeur die wêreld bekend was. In 1769 het die eerste uitvoer ’n mark geopen vir perde, veral in Indië, en hierdie uitvoer word vandag nog volgehou. Die aankoms van die perdeliewende Britse garnisoen teen die einde van die 18de eeu was ’n groot stimulus vir perdeteling, en pragtige volbloeddiere is geteel. Die plase in die Hantamgebied van Kaapland is besonder beroemd vir perdeteling. Goewerneur lord Charles Somerset het nie net perdewedrenne aangemoedig nie, maar het ook baie uitstekende hingste ingevoer.

Sommige van die plaaslike stamme het ’n liefde vir perde ontwikkel en perde van hoë gehalte is van grensplase gesteel. Die hoë-gehalte Basoetoponie wat bekend is vir sy gehardheid en krag, het sy oorsprong hieraan te danke. Die Basoeto’s is vandag self ’n volk van ruiters. Ten spyte van die koms van die motorkar en die verdwyning van ruitery, het Suid-Afrika vandag nog heelwat perde; meer as die helfte is in Kaapland, terwyl Lesotho ook baie het. Teling word in Lesotho aangemoedig deur die voorsiening van hingste teen ’n nominale bedrag. Sien ook Perdewedrenne en Perdesiekte.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Perceval, Kaptein Robert
Volgende onderwerp: Perdekaapstander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:08:12 MGT 2024