Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Penstone, Constance
Penstone, Constance [boodskap #123306] Wo, 02 Januarie 2019 17:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Constance Penstone was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en een van die min vroue wat spotprente geteken het. In Chesterfield, Derbyshire, Engeland, gebore en nadat sy kuns bestudeer het, gaan sy na Australië waar sy aan verskeie inrigtings klas gee. Later bring sy ’n aantal jare in Amerika deur. Daar ontwerp sy kleurvensters vir die beroemde juweliersfirma Tiffany & Co., New York. In 1896 kom sy na Suid-Afrika en word eers spotprenttekenares van die Owl, en ’n paar jaar later van die Cape Times, waar sy die skuilnaam ‘Scalpel’ gebruik het. Tree later in die huwelik met Crosland Robinson, die kunstenaar, en is in 1928 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Penhalonga
Volgende onderwerp: Penvaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:00:28 MGT 2024