Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pellissier, Eerwaarde Jean Pierre
Pellissier, Eerwaarde Jean Pierre [boodskap #123303] Wo, 02 Januarie 2019 17:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerwaarde Jean Pierre Pellissier was 'n Franse Protestantse sendeling. In 1808 in St. Arey naby Grenoble gebore. In 1831 georden en word in dieselfde jaar deur die Paryse Evangeliese Sending na Suid-Afrika gestuur. Hy help in 1832 met die opening van ’n sendingstasie op Motito, Betsjoeanaland, maar gaan die volgende jaar na die huidige Oranje-Vrystaat. Daar is hy verantwoordelik vir die opbou van die sendingstasie op Bethulie en dwing hy die respek van die vroeë Boerenedersetters af en ook die goedkeuring van die N.G. Kerk. Oorlede in 1867.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pelikaan
Volgende onderwerp: Sardyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:18:54 MGT 2024