Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pelgrimsrus
Pelgrimsrus [boodskap #123301] Wo, 02 Januarie 2019 16:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pelgrimsrus is 'n myndorp in Oos-Transvaal. In 1870 as ’n gouddelwerskamp gestig. Tydens die boomtydperk van spoelgoud het dit ’n bevolking van ’n paar duisend gehad, maar met die opkoms van Barberton en die Rand het dit snel verminder. Na die stigting in 1895 van die Transvaal Gold Mining Estates — die grootste goudeiendom buite die Rand — was daar aansienlike mynbedrywighede in die omgewing. In die laaste tyd het sy werksaamhede afgeneem en is dit vervang deur een van die grootste bosse in private besit in die land. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,000 (350 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pelargonium
Volgende onderwerp: Pelikaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:30:04 MGT 2024