Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pauling, George
Pauling, George [boodskap #123292] Wo, 02 Januarie 2019 16:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Pauling was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur en kontrakteur. In 1853 gebore. Help met die bou van die vroeë Londense spoorlyne en ander lyne in Brittanje en kom in 1875 na Suid-Afrika as ’n assistent-ingenieur in die Kaapse Staatspoorweë in Oos-Kaapland. Begin met sy eie onderneming en van 1882 tot 1885 bou hy die spoorlyn van Sterkstroom na Aliwal-Noord. In 1884 kry hy die kontrak vir die bou van die spoorlyn van Beaufort-Wes na Kimberley. In 1886 neem hy deel aan die goudstormloop na Barberton en werk tydelik as myningenieur. Hy keer terug na Engeland en raak bevriend met baron Emile Beaumont d’Erlanger wat hom in 1888 na Transvaal stuur om verslag te doen oor sy mynbelange. Hier kry hy die kontrak vir die bou van die ‘Rand Tram’. In 1892 het Cecil Rhodes hom gekry om die spoorlyn van Vryburg na Zimbabwe (Rhodesië) te bou en daarna ook die een van Beira af. Hy bou ook die lyne van Umtali na Harare (Salisbury) en van die suide na Bulawayo, ook die Bulawayo-Salisbury-trajek, die verlenging van die Victoria-waterval en verder. In Suid-Afrika het hy die spoorlyn oor Sir Lowry’s-pas na Caledon en talle ander gebou. Een van sy latere kontrakte was vir die grootse deel van die Benguela-spoorlyn in Angola. Oorlede in 1919.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Patriot, Die
Volgende onderwerp: Paulpietersburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:33:00 MGT 2024