Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Patriot, Die
Patriot, Die [boodskap #123291] Wo, 02 Januarie 2019 16:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Patriot (1876 - 1904) was die eerste Afrikaanse koerant en die oorspronklike orgaan van die beweging vir die erkenning van die Afrikaanse taal. Dit is gestig deur ds. S.J. du Toit as mondstuk van die Genootskap van Regte Afrikaners. Die eerste uitgawe het op 15 Januarie 1876 in die Paarl verskyn. Dit was aanvanklik 'n maandblad (16 bl.); maar na 1877 was dit 'n weekblad.

Die blad is met vyandigheid en spot begroet. Tog groei hy van ’n begin met 50 intekenare na ’n jaar of wat tot 662 en in 1880 tot 3,000. Sy sukses was o.a. toe te skryf aan die blad se veroordeling van die anneksasie van Transvaal.

Ná 1880 word die blad die woordvoerder van die Afrikanerbond, die politieke front van die Beweging. Ná 1892 toe S.J. du Toit vir Cecil John Rhodes steun teen Paul Kruger, kom daar verdeeldheid en verloor die Patriot sy invloed. ’n Ander rede vir agteruitgang was Du Toit se oordrewe fonetiese spelling.

Die Patriot het tot 1904 as ’n weekblad bestaan toe dit herdoop is na die Paarl Post wat vandag nog bestaan.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Paton, Alan Stewart
Volgende onderwerp: Pauling, George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:06:45 MGT 2024