Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Paton, Alan Stewart
Paton, Alan Stewart [boodskap #123290] Wo, 02 Januarie 2019 16:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alan Stewart Paton was 'n Suid-Afrikaanse romanskrywer en politieke leier. Op 11 Januarie 1903 in Pietermaritzburg gebore. Studeer aan die Pietermaritzburg College en aan die Universiteit van Natal. As prinsipaal van die Diepkloof-verbeterskool het hy merkwaardige resultate behaal in die rehabilitasie van jeugmisdadigers. In 1948 verwerf hy wêreldroem met sy roman, Cry, the Beloved Country. Dit is gevolg deur Too Late the Phalarope en ander werke. Hy was ’n medestigter van die Liberale Party in Suid-Afrika waarvan hy die president geword het. Hy het ook lesings in die Verenigde State en elders gelewer. In 1960 is sy paspoort ingetrek vanweë sommige van sy uitlatings.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Paterson, William
Volgende onderwerp: Patriot, Die
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:55:04 MGT 2024