Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Paterson, John
Paterson, John [boodskap #123288] Di, 01 Januarie 2019 20:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Paterson was 'n staatsman en handelspionier. In 1821 in Aberdeen, Skotland gebore. Kom in 1840 na die Kaap as ’n onderwyser en vestig hom in Port Elizabeth waar hy ’n vername plek inneem. Hy was ’n man met groot ondernemingsgees en was geïnteresseerd in die nywerheid. Help met die stigting van die Eastern Province Herald asook versekerings- en trustmaatskappye. In 1854 word hy die lid vir Port Elizabeth in die Kaapse Parlement, en in 1862 stig hy die Standard Bank van Suid-Afrika. Ten spyte van die sukses van dié onderneming het Paterson groot verliese gely en uiteindelik bankrot gespeel. Hy het egter weer sy rykdomme opgebou en sy naam is genoem as ’n moontlike eerste minister van Kaapland toe dit in 1870 verantwoordelike bestuur gekry het. Hy is in 1880 oorlede onderwyl hy van Engeland af onderweg was na Kaapstad in die skip, die American.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Paterson
Volgende onderwerp: Paterson, William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:45:23 MGT 2024