Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Papegaai (Papegaaiagtiges)
Papegaai [boodskap #123280] Di, 01 Januarie 2019 20:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Papegaai.
'n Papegaai.
Die Papegaai (familie Papegaaiagtiges) is tropiese voëls wat algemeen aangetref word van Knysna in Kaapland tot in Natal, Zoeloeland en die Transvaalse Bosveld. Daar bestaan ’n verskeidenheid soorte, maar nie een is so pragtig soos die Amerikaanse papegaai nie. Die Knysna-papegaai is die enigste groot soort en hulle groen rompe en rooi vlerkpunte kan gesien word terwyl hulle in swerms hoog tussen die bome vlieg. Die Suid-Afrikaanse Meyerspapegaai met sy blou romp kom in die Transvaalse Bosveld voor. Verder oos in die Krugerwildtuin en in Zoeloeland word die groen bosveldpapegaai aangetref. Sien Dwergpapegaai.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Parow
Volgende onderwerp: Parys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:01:51 MGT 2024