Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pannevis, Arnoldus
Pannevis, Arnoldus [boodskap #123275] Di, 01 Januarie 2019 20:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arnoldus Pannevis was 'n pionier van Afrikaans. In 1838 in Holland gebore en begin sy loopbaan in die Nederlandse vloot, maar as gevolg van swak gesondheid studeer hy vir predikant. Toe hy hoor van die geleenthede aan die Kaap besluit hy om te emigreer, en kom in 1866 in Kaapstad aan om as onderwyser in Latyn en Grieks by die Paarlse Gimnasium te werk. Hier was die toekomstige stigter van die Afrikaanse taal, ds. S.J. du Toit, een van sy leerlinge. Hy raak geïnteresseerd in wat toe bekend was as ‘Die Taal ’, en in 1872 publiseer hy ’n pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Sy pleidooi, wat in die Zuid Afrikaan verskyn het, lei drie jaar later tot die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners wat die begin was van die veldtog vir die erkenning van Afrikaans as ’n taal. Hy begin skryf in Afrikaans. Oorlede in 1884.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Panda
Volgende onderwerp: Pappe, Dr. Karl Wilhelm Ludwig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:20:54 MGT 2024