Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Panda (Umpanda)
Panda [boodskap #123273] Di, 01 Januarie 2019 07:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Panda (ook Umpanda) was die Zoeloekoning, seun van Senzangakona en broer van Dingaan. Na 'n uitval met Dingaan het hy 'n groot groep van sy aanhangers oor die Tugela na Natal gelei waar hy in 1839 deur die Voortrekkers beskerm is. Die Boere het besluit om hom as hoof van die emigrante-Zoeloes te erken, en in 1840 is hy deur 'n burgerkommando vergesel toe hy teen Dingaan geveg het. Na die finale slag by Magongo aan die Umkuzirivier was Dingaan se mag gebreek en op 10 Februarie 1840 het kommandant-generaal M.W. Pretorius Panda ingesweer as koning van die Zoeloes, hoewel hy trou aan die Volksraad van Natalia gebly het. Terwyl hy nog af en toe barbaarshede gepleeg het, was sy algemene houding teenoor die blankes vriendelik, en in 1843 het hy ingestem om die strategiese Santa Luciabaai by die grens van Mosambiek aan Koningin Victoria oor te dra. In ruil daarvoor het die Britte hom as 'n onafhanklike koning erken. In later jare het hy stry gekry met sy seun Cetshwayo. Oorlede in 1872.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pan-African Congress
Volgende onderwerp: Pannevis, Arnoldus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:54:30 MGT 2024