Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Palgrave, Willlam Coates
Palgrave, Willlam Coates [boodskap #123270] Di, 01 Januarie 2019 06:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Willlam Coates Palgrave was 'n Suid-Afrikaanse diplomaat. In 1869 sluit hy aan by die Kaapse Polisie, maar na die ontdekking van diamante word hy landdros op Du Toitspan en in Kimberley. In 1876 is hy op 'n buitengewone sending na Damaraland gestuur om die vooruitsigte van dié land te ondersoek. Dit loop uit op die anneksasie van Walvisbaai en aangrensende gebied deur die Kaapkolonie. Palgrave se advies aan die Kaapse regering om die gebied, wat nou Namibië (Suidwes-Afrika) is, te annekseer, is nie gevolg nie. Later, in 1884 en 1885, is hy weer op 'n sending na Damaraland gestuur.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Palapye
Volgende onderwerp: Palmiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:18:24 MGT 2024