Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Paarl
Paarl [boodskap #123263] Ma, 31 Desember 2018 18:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Paarl is 'n dorp aan die Bergrivier in Wes-Kaapland. In 1657 deur Abraham Gabbema gestig. Dit het sy naam gekry van die gladde granietrotse teen die berg by die dorp wat die stigter aan 'n pêrel laat dink het. Vandag gee die Paarl die toon aan in die wynbedryf met stokerye, inmaak- en konfytfabrieke, meulens, sigaretfabrieke en ander belangrike nywerhede. Die dorp is sewe myl lank, hoofsaaklik langs die hoofstraat, en is bekend vir sy pragtige ou Kaaps-Hollandse wonings, die eikelane, wingerde en tuine. In die geskiedenis van Afrikaans beklee die Paarl 'n belangrike plek aangesien die beroemde 'Genootskap van Regte Afrikaners' in 1875 daar gestig is. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 45,180 (14,700 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Paardekraal
Volgende onderwerp: Pacaltsdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:15:47 MGT 2024