Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Paardekraal
Paardekraal [boodskap #123262] Ma, 31 Desember 2018 18:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Paardekraal is 'n plaas naby Krugersdorp; beroemd vir die byeenkoms wat op 16 Desember 1880 daar plaasgevind het en wat die begin was van die Eerste Vryheidsoorlog. By die geleentheid het duisende Transvaalse burgers wat ontevrede was met die Britse anneksasie deur sir Theophilus Shepstone, daar vergader en klippe op 'n simboliese hoop gepak as belofte om hulle onafhanklikheid terug te kry. 'n Monument is oor die hoop klippe gebou, en Paardekraal het 'n bymekaarkomplek vir die Afrikaner gebly.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Owen, Eerw. Francis
Volgende onderwerp: Paarl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:46:10 MGT 2024