Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Owen, Eerw. Francis
Owen, Eerw. Francis [boodskap #123260] Ma, 31 Desember 2018 15:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Francis Owen was 'n Engelse sendeling. Toe hy 'n hulpprediker op Normanton, Yorkshire, was, het hy die beroep van kaptein Allen Francis Gardiner om sendelinge vir Natal gehoor en sy dienste aangebied. Hy kom in 1837 in Kaapstad aan en begin met 'n stasie vir die Church Mission Society in Dingaan se gebied. Terwyl hy daar was, was hy 'n ooggetuie van die moord op Pieter Retief en sy volgelinge. Hy het die enigste eerstehandse verslag daaroor geskryf. As 'n sendeling het hy min vordering gemaak. Hy keer in 1841 na Engeland terug en vestig hom naby Sheffield. In 1854 in Alexandrië oorlede. Sy dagboek, wat deur sir George Cory ontdek is, is in 1926 gepubliseer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oviston
Volgende onderwerp: Paardekraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:00:10 MGT 2024