Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ottoshoop
Ottoshoop [boodskap #123252] Ma, 31 Desember 2018 15:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ottoshoop is 'n dorp in Wes-Transvaal, in 1886 gestig as sentrum vir die Malmani-goudveld. Bekend vir sy vrugbare omgewing wat uit die Malmanirivier besproei word. 'n Eienaardige verskynsel is die 'Verdwene Meer' wat in 1825 daar bestaan het en verskeie myle lank was. Waar dié meer eens was, is nou 'n goedbewerkte landbougebied. Die dorp is vernoem na die eerste landdros, C.B. Otto, wat op Zeerust daar naby gestasioneer was. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 800 (200 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ottosdal
Volgende onderwerp: Oudstrydersbond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:56:33 MGT 2024