Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oswell, William Cotton
Oswell, William Cotton [boodskap #123245] Ma, 31 Desember 2018 15:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Cotton Oswell was 'n ontdekkingsreisiger en jagter. In 1818 in Engeland gebore. In 1844 kom hy die eerste keer na Suid-Afrika waarheen hy deur die grootwild gelok is. Op sy eerste tog vergesel hy die Skotse ontdekkingsreisiger, Murray van Lintrose, en in 1849 vergesel hy Livingstone op sy reis na die Ngami-meer en weer op sy eerste reis na die Zambezi in 1851. Kort daarna vertrek hy na Brittanje en neem as geheime agent deel die Krim-oorlog. Hy skryf 'n boek oor sy reise en is in 1893 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ossewa Brandwag
Volgende onderwerp: Otavi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:37:41 MGT 2024