Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ossewa Brandwag
Ossewa Brandwag [boodskap #123244] Ma, 31 Desember 2018 15:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Ossewa Brandwag is 'n beweging wat omstreeks 1938 deur kolonel J.C. Laas in Suid-Afrika gestig is. Dit was gedeeltelik geskoei op die lees van die Nazi-stormtroepe met 'n embleem wat baie met dié van die organisasie ooreengestem het. Die aktiewer groep van die Ossewa Brandwag was verteenwoordig in die Stormjaers, 'n half-militêre organisasie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit onwettig verklaar. Nadat dit verskeie veranderings ondergaan het en uiteindelik deur sowel die Nasionale Party as die Verenigde Party veroordeel is, het dit geleidelik ontbind. Sien ook Dr. C.F.J. van Rensburg.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ossewa
Volgende onderwerp: Oswell, William Cotton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:37:47 MGT 2024