Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Orgidee (Orchidaceae)
Orgidee [boodskap #123238] Ma, 31 Desember 2018 14:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Orgidee.
'n Orgidee.
Die Orgidee (meervoud: orgideƫ; familie Orchidaceae) is 'n besonder eienaardige en interessante plantfamilie, waarvan baie teen bome en ander plante groei, maar nie daarop teer nie. Die pragtige blomme vorm drie kelkblare, dikwels so groot en helder soos die drie kroonblare. Een kroonblaar vorm soms 'n kap, terwyl een kelkblaar dikwels 'n spoor vorm. Die vrugbeginsel onontwikkeld; die vrug 'n kapsule. Onder die pragblomme van die Kaapse Skiereiland is die blou disa (Herschdia gramini) en die groter rooi disa of bakkiesblom (Disa uniflora). 'n Eienaardige blommetjie is die oumakappie (Pterygodium catholicum) van Wes- en Suidwes-Kaapland, met sy donker gespikkelde blare en groengeel en pienk blomme wat aan hom sy naam besorg het. Nie veel verskillend nie is die Zimbabwiese (Rhodesiese) Disa welwitschii waarin die enkele keilkblaar 'n kap met 'n lang spoor vorm; die stammetjie is rooi; die blomme 'n digte pienk aar. Op die klipperige heuwels van Wes-Kaapland groei die klein spinnekop-orgidee (Batholina burmanniane), waarvan die lang harige stam uit 'n smal blaar plat op die grond verrys; kroonblare veeragtig. In die bebosde gebiede van Oos-Kaapland en in die bosse van Griekwaland-Oos is die boomdisa (Mystacidium filicorne) met sy aar van wit blomme en lang gespoorde wit kelkblare wat uit sy boomgasheer hang.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oranje-Vrystaatse Veldartillerie
Volgende onderwerp: Oribi Gorge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:22:30 MGT 2024