Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vrystaat (Oranje-Vrystaat)
Vrystaat [boodskap #123236] Ma, 31 Desember 2018 14:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Vrystaat (vroeër Oranje-Vrystaat) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika wat die gebied van die ou Oranjerivier-republiek beslaan. Na die Tweede Vryheidsoorlog was dit bekend as die Oranjerivierkolonie, maar sy oorspronklike naam, die Oranje-Vrystaat, is ná Uniewording herstel. In 1995 is die provinsie se naam verkort na Vrystaat.

Die provinsie se hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is. Die Vrystaat beslaan 11 persent van die totale gebied van die Republiek. In 1960 was sy totale bevolking 1,373,790, waarvan 274,596 Blankes, 1,073,613 Bantoes en 25,565 Kleurlinge was. Daar was destyds net 16 Asiate.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oranjeville
Volgende onderwerp: Oranje-Vrystaatse Veldartillerie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:00:10 MGT 2024