Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oranjerivierskema
Oranjerivierskema [boodskap #123234] Ma, 31 Desember 2018 11:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Oranjerivierskema was 'n groot projek, wat na berekening R540,000,000 sou kos, vir die ekonomiese ontwikkeling van die Oranjerivier, sy takriviere en verskeie ander riviere oor 'n tydperk van 30 jaar. Die opname vir die skema is in 1956 gedoen; in 1962 deur die Parlement goedgekeur en die werk het in 1963 begin. Dit is groter as die Tennessee Valley-skema waarop dit gedeeltelik gebaseer is, en sluit in besproeiingsontwikkeling, die opwekking van elektriese krag, en die verlegging van bestaande riviere deur middel van tonnels en kanale na nuwe gebiede. Volgens plan sou 760,000 acres besproei word uit 'n reeks damme, onder meer die Ruigtevalleidam na by Norvalspont; die Van der Kloof naby Petrusville, Kaapland, en die Torquaydam tussen Hopetown en Douglas. Hidroëlektriese kragsentrales met 'n totale vermoë van 177,000 kilowatt is opgerig. (Sien Elektrisiteitsvoorsieningskommissie). 'n Bergtonnel, 51 myl lank en 16 voet in deursnee lei die Oranje in die Visrivier in, terwyl nog 'n tonnel van 32 myl, 8 voet in deursnee, die Visrivier- en Sondagsrivierkom sal verbind en bestendig. Daar is ook voorsiening gemaak vir die huishoudelike gebruik van baie dorpe, insluitende Bloemfontein en De Aar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oranjerivier
Volgende onderwerp: Oranjeville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:15:27 MGT 2024