Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oranjerivier
Oranjerivier [boodskap #123233] Ma, 31 Desember 2018 11:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Oranjerivier is in 1760 die eerste keer deur blankes ontdek. Dit is deur kolonel Jacob Gordon in 1779 na die Stadhouers in Holland vernoem. As een van die groot riviere van Afrika ontspring dit in Lesotho waar dit uit die Sinqua en die Sinquanyane bestaan. Later sluit die Kornetspruit, die Kraairivier en die Caledonrivier (naby Bethulie, O.V.S.) by hom aan. Sy vernaamste takrivier is die Vaal (500 myl lank), gevolg deur die Hygap- en die Hartebeesrivier. Benede Upington stort dit af in die Aughrabieswaterval en vloei daarna oor 'n afstand van 300 myl deur Namakwaland en die Richtersveld voordat dit naby Alexanderbaai in die Atlantiese oseaan uitmond. Die Oranje is ongeveer 1,200 myl lank.

Dorpe op sy wal sluit in Aliwal-Noord, Prieska en Upington. Baie van die grond aan sy walle is baie vrugbaar, veral naby Kakamas waar dit die naam "Die Nyl van Suid-Afrika" gekry het. Oorspronklik was die rivier bekend as 'Groot-rivier', en die inboorlinge het dit "Gariep" genoem, 'n Khoikhoi-woord wat min of meer dieselfde beteken.

Die belangrikste brûe oor die rivier is die een by Aliwal-Noord (Frerebrug), naby Hopetown (1,230 voet lank) en naby Alexanderbaai (Oppenheimer-brug- 3,000 voet lank). Die Oranjerivier dreineer na berekening 'n gebied van 400,000 vierkante myl.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gariepdam
Volgende onderwerp: Oranjerivierskema
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:40:26 MGT 2024