Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oppenheimer, Harry Frederick
Oppenheimer, Harry Frederick [boodskap #123228] Ma, 31 Desember 2018 11:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harry Frederick Oppenheimer was 'n Suid-Afrikaanse finansier en nyweraar. Op 28 Oktober 1908 in Kimberley gebore. Studeer aan Charterhouse en Oxford voordat hy by die myngroepe aansluit wat deur sy vader, sir Ernest Oppenheimer, gestig is. In die Tweede Wêreldoorlog was hy van 1940 tot 1945 in die Suid-Afrikaanse 4de Pantserdivisie. Van 1947 tot 1958 was hy parlementslid vir Kimberley, maar hy bedank ten einde hom toe te spits op die groot belange wat onder sy beheer gekom het met die dood van sy vader. Dit het gelei tot sy aanstelling as voorsitter van Anglo-American Corporation of South Africa, De Beers Consolidated Mines, ens.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.4
Vorige onderwerp: Oppenheimer, Sir Ernest
Volgende onderwerp: Opsit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:00:53 MGT 2024