Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oosthuizen, Marthinus Jacobus
Oosthuizen, Marthinus Jacobus [boodskap #123223] Ma, 31 Desember 2018 11:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Marthinus Jacobus Oosthuizen was 'n Voortrekkerheld. In 1819 naby Uitenhage gebore en sluit aan by die Groot Trek. Oosthuizen word onthou vir sy groot heldedaad op 16 Februarie 1838 toe hy na die moord op Retief en sy geselskap sy eie gesin na veiligheid geneem het en toe homself so goed moontlik verskans het om die Zoeloe aanval af te wag. Op eie houtjie het hy hulle 'n tyd lank teruggehou en toe deur 1,500 Zoeloes gejaag en ammunisie vir sy makkers gaan haal. Later jare was hy 'n boer in Natal. Oorlede in 1897.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oos-Londen
Volgende onderwerp: Opgaaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:11:09 MGT 2024