Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oos-Londen
Oos-Londen [boodskap #123222] Ma, 31 Desember 2018 11:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Oos-Londen is 'n Suid-Afrikaanse seehawe en stad aan die mond van die Buffelsrivier in die Indiese Oseaan. Dit het tot stand gekom in 1845 tydens die Byloorlog toe die Britse owerheid troepe by die punt laat land het en 'n nedersetting ontstaan het. Die oudste deel van die dorp is op die westelike oewer wat vandag betreklik onontwikkeld is. Dit is daar waar Fort Glamorgan met 'n garnisoen van 300 man van die 73ste Highlander-regiment omstreeks dié tyd opgerig is. Die beroemde vaartuig, H.M.S. Beagle, waarin Charles Darwin sy reis om die wêreld onderneem het, het in 1847 opmetings in die gebied gedoen. Die oorsprong van die naam Oos-Londen is duister. Die oorspronklike naam was Port Rex, ter ere van George Rex, wat die eerste skip in die rivier gebring het. Kragtens 'n Staatskennisgewing van 28 November 1847 is die naam verander na Oos-Londen. In Januarie die volgende jaar het goewerneur sir Harry Smith die omliggende landstreek by die Kaap geannekseer. (Gelyktydig met die stigting van Oos-Londen in dié van Wes-Londen op die Kaapse Vlakte).

Het aanvanklik stadig ontwikkel, veral as gevolg van 'n sandbank in die mond van die Buffelsrivier, maar met die aankoms van 3,150 Duitse setlaars in 1858 is sake aansienlik gestimuleer. Oos-Londen het die afsetgebied geword van die vooruitstrewende en vrugbare kolonie van Brits-Kaffrarië.

In 1874 is met 'n spoorlyn na die binneland begin en in 1886 is die eerste ernstige poging aangewend om die hawe te verbeter. Dit het uitgeloop op die bou van hawewerke teen 'n koste van miljoene pond en 'n draaikom wat skepe van tot 38,000 ton kan inlaat. Baie ander geriewe, insluitende elektriese krag en 'n tremstelsel, is teen die einde van die eeu ingestel. Teen die middel van die 20ste eeu het Oos-Londen 'n bevolking van 120,000, (500,000 Blankes, 60,030 Bantoes, 1,753 Asiate en 9,000 Kleurlinge). Afgesien daarvan dat Oos-Londen een van die vernaamste hawens is vir die verskeping van wol en ander produkte uit baie dele van Suid-Afrika, is dié ook 'n gunsteling vakansie-oord, nie net vir Suid-Afrikaners nie, maar ook vir Zimbabwiërs (Rhodesiërs). Nywerhede sluit in motormonteerfabrieke, tekstielfabrieke en lekkergoedfabrieke. Die jaarlikse "Grand Prix"-motorwedren in Januarie lok talle toeskouers, en renjaers van oorsee asook uit alle dele van Suid-Afrika neem daaraan deel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ooskuskoors
Volgende onderwerp: Oosthuizen, Marthinus Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:46:44 MGT 2024