Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ooskuskoors (Theilera parva)
Ooskuskoors [boodskap #123221] Ma, 31 Desember 2018 07:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ooskuskoors is 'n ernstige veesiekte, wetenskaplik bekend as Piroplasma parvum en later hernoem na Theileria parva. Dit is die eerste keer in 1897 deur dr. Robert Koch in Duits-Oos-Afrika ontdek. In 1901 het dit na Beira (Mosambiek) en later na Zimbabwe (Rhodesië) en dele van Suid-Afrika versprei. Dit word deur bruin bosluise oorgedra en is in sommige opsigte soortgelyk aan Texaskoors of swartwaterkoors. Danksy omheining, dippery en ander voorsorgmaatreëls is Ooskuskoors nie meer so gevaarlik soos vroeg in die 20ste eeu nie.

Die bruinoorbosluis (Rhipicephalus appendiculatus) is die primêre draer van Ooskuskoors ek kom wydverspreid in die warmer, natter noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika voor. Ander bruinbosluise wat ook die siekte versprei kom veral in Limpopo voor. Buffels is natuurlike draers van Ooskuskoors, wat in Suid-Afrika algemeen as korridorsiekte bekend staan. Vir die rede word streng maatreëls met betrekking tot die verskuiwing van buffels afgedwing.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oorlams
Volgende onderwerp: Oos-Londen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:51:48 MGT 2024