Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ooraap (Nagapie)
Ooraap [boodskap #123219] Ma, 31 Desember 2018 07:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Ooraap of Nagapie is 'n dier wat aan die Lemur- of Vosaap-familie behoort. Algemeen bekend as die nagapie en word van die bosse van Natal af noordwaarts aangetref. Hy het enorme oë, sagte dik pels en 'n lang stert. 'n Nagdier wat leef op vrugte, jong plantjies, knoppe, akkedisse, insekte en voëleiers. Ongemaklik op die grond, is besonder rats en grasieus in die takke van bome. Die verskillende soorte verskil slegs in grootte, van 7 tot ongeveer 18 duim. Hulle is vinnig om uit die gesig te verdwyn maar kan maklik makgemaak word. Sien Soogdier.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: O'okiep
Volgende onderwerp: Oorlams
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:32:43 MGT 2024