Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ooievaar
Ooievaar [boodskap #123217] Ma, 31 Desember 2018 07:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Witooievaars
Witooievaars
Die Ooievaars (familie Ciconiidae) is lang-snawel-, langnek-, en langbeenvoëls wat hoofsaaklik in Oos-Kaapland, Natal en op die Hoëveld aangetref word, maar dikwels ook in ander dele van die land. Die meeste is trekvoëls van Europa en Asië en baie min maak nes in Suid-Afrika. Die bekendste soort is die groot witsprinkaanvoël met sy rooi bene en swart vlerke. Dit is 'n sprinkaanvreter wat gewoonlik in hoë bome slaap. Ooievaars lyk baie soos reiers, maar vlieg met hulle nekke uitgestrek. Sien Maraboe en Saalbekooievaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oogies
Volgende onderwerp: O'okiep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:01:41 MGT 2024