Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Onwettige Diamanthandel
Onwettige Diamanthandel [boodskap #123215] Ma, 31 Desember 2018 07:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Onwettige Diamanthandel spruit hoofsaaklik voort uit die aanvaarding in 1882 van die Wet op die Diamanthandel. Die wet maak dit vir enigiemand behalwe gelisensieerde kopers onwettig om in edelgesteentes handel te dryf. Die bepalinge het al hoe strenger geword en vandag is dit 'n oortreding as jy in besit is van ongeslypte stene. Op 'n tyd was soveel as 'n kwart van al die stene wat by Kimberley gevind is, gesteel en het dit deur die hande van onwettige diamanthandelaars gegaan. Ongeveer 1950 het daar 'n aansienlike oplewing gekom in die onwettige diamanthandel by spoeldelwerye in Namakwaland. Die tradisionele straf vir onwettige diamanthandel was arbeid of die Breekwater-tronk in Kaapstad.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Onseepkans
Volgende onderwerp: Oogies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:12:07 MGT 2024