Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Onafhanklikheidsafvaardiging
Onafhanklikheidsafvaardiging [boodskap #123209] Ma, 31 Desember 2018 06:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Onafhanklikheidsafvaardiging was 'n groep Nasionaliste wat in 1919 na die Vredeskonferensie gestuur is om te vra vir die toekenning van republikeinse onafhanklikheid aan die Unie. Dit het onder leiding gestaan van generaal J.B.M. Hertzog en het bestaan uit dr. Hjalmar Reitz, dr. E.G. Jansen, N.C. Havenga, senator A.D.W. Wolmarans, dr. D.F. Malan, A.T. Spies en F.W. Beyers met dr. Gey van Pittius as sekretaris. As gevolg van skeepsmoeilikheid moes die afvaardiging eers na die V.S.A. seil waar hulle onthaal is deur lede van die Kongres en daarvandaan na Engeland waar hulle nie daarin kon slaag om die Britse premier, mnr. Lloyd George, te spreek nie. Hulle gaan toe na Parys, maar was net so onsuksesvol. Hulle terugreis het ook probleme opgelewer en hulle moes eers na Java en daarvandaan na Suid-Afrika vaar. Die afvaardiging was ongeveer 7 maande weg.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Onafhanklike Fiskaal
Volgende onderwerp: Onderstedorings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:20:07 MGT 2024