Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Omaruru
Omaruru [boodskap #123207] Ma, 31 Desember 2018 06:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Omaruru is 'n dorp in Namibië (Suidwes-Afrika), tussen Windhoek en Swakopmund. In 1864 gestig as 'n stasie van die Rynse Sending en in 1870 het dit sy eerste kerk en skool gekry. Hoewel die naam in Herero "Bitter water" beteken, is die gebied nie sonder vars water nie. Tydens die Herero-oorlog is die plaaslike fort deur die invallers beleër. In later jare is goud daar naby ontdek. Die dorp het 'n florerende romery en is 'n karakoelhandelsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,689 (743 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Olyfboom, Wilde-
Volgende onderwerp: Onafhanklike Fiskaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:26:08 MGT 2024