Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Olifant
Olifant [boodskap #123199] So, 30 Desember 2018 20:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Olifante
Olifante
Die Olifant is die grootste landsoogdier in Afrika. Dit is die eerste keer in die omgewing van Tafelbaai aangetref, maar het geleidelik noordwaarts uitgewyk, hoewel 'n paar nog in die Tsitsikamabos en in die Addopark aangetref word. 'n Aantal het ook bewaar gebly in die Krugerwildtuin, Zimbabwe (Rhodesië) en in Mosambiek. Die Afrikaanse olifant is groter as die Asiatiese soort en het opvallende groot ore. Dit word byna 11 voet hoog en olifante van hoër as 12 voet is al aangemeld. Die tande van die Afrikaanse olifante word enorm groot: een van die grootste wat bekend is, is 11 voet duim lank en weeg net onder 300 pond. Olifante is nie aggressief nie, maar kan gevaarlik wees as hulle kwaad gemaak word. In Zimbabwe (Rhodesië) word beheerde jag op olifante toegelaat, maar in die Republiek is dit verbode. Die olifante wat in Addo en die Tsitsikamabos aangetref word, is kleiner as die normale Afrikaanse olifant en word beskou as 'n spesiale ondervariëteit. Sien Soogdiere.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oliewenhoutsdrif
Volgende onderwerp: Olifantrots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:51:49 MGT 2024