Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Olie (Petroleum)
Olie [boodskap #123197] So, 30 Desember 2018 20:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ruolie (minerale olie) is 'n dik, donkerbruin of groenerige vlambare vloeistof wat in die boonste strata van die aarde se kors voorkom.

Die soektog na minerale-olie in Suid-Afrika dateer al uit die jare 1890 toe sindikate gevorm is om beweerde olievondse in Kaapland, Transvaal en die Oranje-Vrystaat te ondersoek. Die soektog is vroeg in die jare 1900 hervat, toe verskeie gate geboor is. In 1913 het 'n oorsese deskundige, wat deur die Regering ontbied is, verklaar dat die land nie ekonomiese ontginbare olie-neerslae het nie, ten spyte van die syferolie in steenkoolformasies. In 1964 het die Staat die beheer van olieprospekteerkontrakte oorgeneem en Soekor (Suidelike Olie-Eksplorasiekorporasie) gestig. Die grootste deel van Suid-Afrika en die kontinentale plat aan sy kus, is op kontrak aan oorsese prospekteergroepe toegeken. Twee groot bore wat tot op 'n diepte van 20,000 voet kan boor, is in 1966 ingevoer en het in die Karoo begin werk, maar geen beduidende fondse is gevind nie.

Die stigting van Sasol, wat vloeibare brandstof uit steenkool vervaardig, het Suid-Afrika minder afhanklik van olie-invoere gemaak, alhoewel daar nog noemenswaardige hoeveelhede olie ingevoer word om aan die land se brandstofvereistes te voldoen. Mossgas (tans PetroSA) maak ook 'n bydrae deur aardgas vanuit aflandige bronne na vloeibare brandstowwe om te skakel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Old Bunting
Volgende onderwerp: Oliewenhoutsdrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:55:22 MGT 2024