Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Okahandja
Okahandja [boodskap #123195] So, 30 Desember 2018 20:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Okahandja is 'n dorp in Namibië (Suidwes-Afrika) en vroeëre setel van Hererohoofman. Dit het in 1840 'n stasie van die Rynse Sendinggenootskap geword, en was toneel van baie gevegte in naturelle-oorloë. Die ondertekening van die oorspronklike verdrag tussen die Duitsers onder dr. Heinrich Goering (vader van die Nazi-leier) en die Herero's het in 1885 daar plaasgevind. Die Duitsers het 'n fort daar opgerig en is in 1904 tydens die Herero-oorlog daarin beleër. In later jare is 'n inmaakfabriek deur die Liebig-maatskappy opgerig, maar dit is weer gesluit. Die beroemde sendeling en historikus, dr. Heinrich Vedder, het baie jare lank daar gewoon. Die naam beteken "'n rant" in die inboorlingtaal. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,627 (1,281 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oïdium
Volgende onderwerp: Old Bunting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:49:25 MGT 2024