Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ogilvie, Kanunnik George
Ogilvie, Kanunnik George [boodskap #123192] So, 30 Desember 2018 19:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kanunnik George Ogilvie was die grondlegger van Rugby in Suidelike Afrika. Op 30 Junie 1826 in Calne, Wiltshire, Engeland gebore. Gaan skool op Winchester en behaal sy graad aan Oxford. Van 1855 tot 1858 woon hy in Buenos Aires waarvandaan hy na Kaapstad kom as die eerste hoof van die St. George's Grammar School. Daarvandaan gaan hy in 1861 na die Diocesan Collegiate School, wat ses jaar later na Diocesan College (Bishops) herdoop is. Hy het die Winchesterse weergawe van Rugby by die skool ingestel en het 'n oorspronklike ondersteuner van die plaaslike saamgeraapte spanne geword. In 1875 is die eerste twee klubs (Westelike Provinsie en Hamiltons) met die hulp van Ogilvie gestig en in die volgende jaar is daar van die Winchesterspel af oorgeskakel na die amateurkode van die Rugbyunie. Op 1 Mei 1915 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ofcolaco
Volgende onderwerp: Ohrigstad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:55:42 MGT 2024