Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Oerder, Frans David
Oerder, Frans David [boodskap #123188] So, 30 Desember 2018 10:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frans David Oerder was 'n Suid-Afrikaanse skilder. In 1867 in Rotterdam, Holland, gebore. Toon vroeg reeds sy kunstalent en begin op 13-jarige ouderdom met sy opleiding, wat onder meer studie in Italië en België insluit. Op 23-jarige ouderdom kom hy na Transvaal om by die Nederlands-Suid- Afrikaanse Spoorwegmaatskappy te werk, en skilder onder meer uithang-borde. Gelukkig kry hy 'n betrekking as kunsonderwyser en gaan in die Tweede Vryheidsoorlog saam met die Boere as amptelike kunstenaar. As 'n landskap- en blomskilder verwerf hy roem met sy sin vir kleur en skoonheid. Woon van 1908 tot 1938 in Holland In 1944 in Pretoria oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Odendaalsrus
Volgende onderwerp: Ofcolaco
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:46:50 MGT 2024