Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Odendaal-verslag
Odendaal-verslag [boodskap #123186] So, 30 Desember 2018 10:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Odendaal-verslag is 'n verslag opgestel deur 'n kommissie onder voorsitterskap van die Administrateur van Transvaal, mnr. Frans Hendrik Odendaal. In September 1962 aangestel om die posisie in Suidwes-Afrika (nou Namibiƫ) te ondersoek en aanbevelings te doen. In die verslag, wat in 1964 vrygestel is, word voorgestel dat die gebied wat deur die nie-blanke volke in Suidwes bewoon word met 50 persent of 24,000,000 acres vergroot word.

Die grootste deel hiervan was die eiendom van blanke boere of die staat en die waarde daarvan is gestel op R38,000,000. Tuislande is vir die verskillende volksgroepe voorgestel in Ovamboland (bevolking 240,000) Okavangoland (28,000), Kaokoveld (9,000) Oos-Caprivi (16,000), Damaraland (44,000), Namaland (35,000), Rehoboth-gebied (11,000), Boesmanland (12,000) en Tswanaland, aangrensend aan Botswana.

Voorstelle vir die besteding van R236,000,000 oor 'n tydperk van 10 jaar sluit in die ontwikkeling van hidro-elektriese krag uit die Kunenerivier met 'n kragsentrale van 100,000 kilowatt by die Ruacana-waterval, die bou van honderde damme, 700 myl paaie en baie ander groot werke.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Oats, Francis
Volgende onderwerp: Odendaalsrus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:29:00 MGT 2024