Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nywerheid-Ontwikkelings-korporasie (N.O.K.)
Nywerheid-Ontwikkelings-korporasie [boodskap #123183] So, 30 Desember 2018 10:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie (N.O.K.) is/was 'n staatsondersteunde organisasie wat ingevolge die Nywerheid-Ontwikkelingswet Nr. 22 van 1940 ingestel is om fabrieke en soortgelyke ondernemings te finansier en aan te moedig. Sy aanvangskapitaal was £5,000,000 waarvan net £500,000 uitgereik is. Die eerste voorsitter was dr. H.J. van der Bijl met dr. H.J. van Eck as onder-voorsitter en besturende direkteur. Sy kapitaal het aangegroei en teen die 1960's beloop sy totale belegging meer as R270,000,000. Dit het oor baie van die belangrikste ondernemings in die land beskik.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nylstroom
Volgende onderwerp: Oats, Francis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:44:04 MGT 2024