Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nuwe Republiek
Nuwe Republiek [boodskap #123178] So, 30 Desember 2018 10:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nuwe Republiek was 'n republiek wat in Augustus 1884 in Noord-Natal gestig is op 'n gebied wat nagenoeg 3,000,000 acres beslaan het. Die gebied is deur die Zoeloes oorgedra aan 'n groep Boere wat opperhoof Dinizulu gesteun het in sy stryd om die oppergesag teen Usibepu. Die nedersetting is gestig op Vryheid, wat die hoofstad geword het, en 'n eenvoudige regeringsvorm het in werking getree met generaal Lukas Meyer as President. Aanvanklik het die Nuwe Republiek homself as beskermheer van Zoeloeland beskou maar op 22 Oktober 1886 het dit ingestem om hiervan afstand te doen ingevolge 'n ooreenkoms met goewerneur Havelock van Natal, wat hulle onafhanklikheid op dié voorwaarde erken het. Die vernaamste burger van die nuwe Republiek was generaal Louis Botha. Uiteindelik op n September 1887 het die Nuwe Republiek na 'n moeilike bestaan deel geword van die Suid-Afrikaanse Republiek, en het dit die distrik Vryheid geword.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ntsikana
Volgende onderwerp: Nuwerus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:33:45 MGT 2024