Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Northey, Generaal-Majoor Sir Edward
Northey, Generaal-Majoor Sir Edward [boodskap #123172] So, 30 Desember 2018 10:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-Majoor Sir Edward Northey was 'n Britse soldaat. In 1868 in Engeland gebore, en ontvang opleiding aan Eton en Sandhurst. Hy het hom aanvanklik onderskei in verskeie Indiese grensoorloë en veg daarna in die Tweede Vryheidsoorlog. In die Eerste Wêreldoorlog het hy in Frankryk en België bevel gevoer oor die King's Royal Rifles voordat hy in 1916 in bevel geplaas is van die Nyasa-Rhodesian Field Force wat groot welslae behaal het in die Oos-Afrikaanse veldtog. In 1918 word hy aangestel as Goewerneur van Kenia. Oorlede op 25 Desember 1953.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: North Chartered Exploration Company Ltd.
Volgende onderwerp: Norton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:17:45 MGT 2024