Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nicholls, George Heaton
Nicholls, George Heaton [boodskap #123149] So, 30 Desember 2018 09:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Heaton Nicholls was 'n Suid-Afrikaanse wetgewer en diplomaat. In 1876 in Londen gebore. Sluit by die leër in Indië aan. Kom tydens die Tweede Vryheidsoorlog na Suid-Afrika; was lid van die Noord-Rhodesiese Polisie en was ook 'n tyd lank in Brits-Nieu-Guineë. Vestig hom as boer in Natal en tree op die voorgrond as president van die Zululand Sugar Planters' Union en van die South African Sugar Planters' Union. Stig die Umfolozi-Suikerkooperasie. In 1920 word hy parlementslid vir Zoeloeland en was sterk Britsgesind. Was later 'n permanente lid van die Kommissie vir Naturellesake. Was suksesvolle Hoë Kommissaris in Londen en Administrateur van Natal. Op gevorderde leeftyd was hy leier van die Unie-Federale Party in Natal. Hy het baie geskryf en was die skrywer van 'n roman, Bayete, oor die Bantoe-bedreiging vir die blanke beskawing. Oorlede in 1959.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ngwenyama
Volgende onderwerp: Nicholsonsnek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:08:48 MGT 2024