Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » New Cape Central Railway Ltd.
New Cape Central Railway Ltd. [boodskap #123139] So, 30 Desember 2018 08:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die New Cape Central Railway Ltd. was 'n private spoorwegmaatskappy wat vroeër in Suid-Afrika in werking was. In 1883 in Londen gestig as die Cape Central Railway. Die Koloniale Regering het aan die maatskappy toestemming verleen om 'n spoorlyn van Worcester af tot by 'n plek bekend as Roodewal naby Montagu te bou. Roodewal is later deur die maatskappy tot Ashton herdoop. Die eerste 30 myl sover as Robertson is in April 1887 in gebruik geneem en in Oktober het dit Ashton, 'n afstand van 42,5 myl, bereik. Die maatskappy het in 1889 geldelike moeilikheid ondervind, is gelikwideer en gerekonstrueer. In 1893 is die New Cape Central Railway weer in Londen gestig en het dit magtiging verkry om 'n verlenging na Swellendam te bou. Dis later voortgesit na George en die maatskappy het 233 myl spoorlyn beheer. Ingevolge die toekenning het die Kaapse Regering die reg gehad om die nuwe maatskappy van 1907 af oor te neem. Die reg is eers in 1925 uitgeoefen toe die maatskappy opgeneem is in die Suid-Afrikaanse Spoorweë.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: New Bethesda
Volgende onderwerp: New Engeland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:21:00 MGT 2024