Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nesbitt, Murrogh De. B.
Nesbitt, Murrogh De. B. [boodskap #123137] So, 30 Desember 2018 08:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Murrogh De. B. Nesbitt was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en pionier op die gebied van rehabilitasie van kreupeles. In 1898 gebore en word in die Oranje-Vrystaat groot; op 13-jarige ouderdom verloor hy albei sy bene onder 'n trok by die Jagersfontein-diamantmyn. Deur blote wilskrag het hy nie alleen sy eie lewe heropgebou nie, maar 'n atleet geword en baie gestremdes geleer om 'n normale bestaan te voer. Die gedagtes uiteengesit in sy blitsverkoper, The Road to Avalon het gelei tot die stigting van 'n self-rehabilitasiesentrum naby Tulbagh, met dieselfde naam. Vanweë omstandighede buite sy beheer is hierdie onderneming later gesluit. Nesbitt het egter sy werk in die Oranje-Vrystaat voortgesit en 'n tweede boek geskryf, Avalon Adventure. In 1959 naby Port Elizabeth oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nelsrust
Volgende onderwerp: New Bethesda
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:50:20 MGT 2024