Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nel, Michael Daniel Christian de Wet
Nel, Michael Daniel Christian de Wet [boodskap #123132] So, 30 Desember 2018 08:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Michael Daniel Christian de Wet Nel was die Minister van Bantoe-administrasie en Ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse Regering. In 1901 in Oos-Kaapland gebore en studeer aan die Universiteit van Pretoria. Sluit in 1937 by die Nasionale Party aan en tree gou op die voorgrond. Word eers verkies tot die Transvaalse Provinsiale Raad en in 1941 tot die Parlement. Word in 1958 aangestel as Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap, maar aanvaar gou die portefeulje waarin hy 'n prominente rol speel in die toepassing van die Bantoebeleid van die Nasionale regering. Tree uit in 1966.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy
Volgende onderwerp: Nellie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:44:41 MGT 2024