Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (Nederlands-Zuid-Afrikaanse Spoorweg Maatskappij)
Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy [boodskap #123131] So, 30 Desember 2018 08:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy was 'n private maatskappy wat in 1884 in Holland gestig is om die vergunning van die Suid-Afrikaanse Republiek vir 'n spoorlyn van Maputo (Lourenco Marques) na Pretoria te eksploiteer. Volksnaam vir hierdie maatskappy was "Zasm". Die kapitaal het 15,000,000 gulden (destyds R2,500,000) beloop, maar dit is nie onmiddellik volskryf nie. In 1889 het die maatskappy sy eerste spoorlyn van Johannesburg na Boksburg, bekend as die "Rand Tram", voltooi. Ander spoorlyne het gevolg maar daar is hoofsaaklik gekonsentreer op die voltooiing van die skakel met Delagoabaai, wat in 1895 voltooi is na baie vertragings en met die verlies van baie lewens weens die slegte klimaat. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het die maatskappy 688 myl spoorlyn beheer. Die maatskappy is na die Vrede van Vereeniging gelikwideer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie
Volgende onderwerp: Nel, Michael Daniel Christian de Wet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:44:12 MGT 2024