Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (NOIK)
Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie [boodskap #123130] So, 30 Desember 2018 08:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die NOIK se kenteken.
Die NOIK se kenteken.
Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (NOIK) was die vernaamste handels- en koloniserende organisasie van die Verenigde Nederlande. Dit was amptelik as die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC) bekend en word soms ook die Hollandse of Verenigde Oos-Indiese Kompanjie genoem. Al die koloniserende bedrywighede aan die Kaap was onder sy jurisdiksie.

Die NOIK is op 20 Maart 1602 gestig kragtens 'n oktrooi wat in Den Haag toegeken is. Dit het uit ses kamers bestaan: Amsterdam, Middelburg, Enkhuizen, Delft, Hoorn en Rotterdam. Verteenwoordigers van die onderskeie kamers was saam bekend as die Here XVII. Soos Portugal se voorspoed afgeneem het, het die NOIK beheer oor die speseryhandel oorgeneem. Omdat al hoe meer Nederlandse skepe om die punt van Afrika gevaar het na die Ooste het die Nederlanders besluit om ‘n verversingstasie by Tafelberg te vestig. Tafelberg was destyds reeds ‘n gereelde stilhouplek vir skepe wat tussen Europa en die Ooste gevaar het. Sestig bemanningslede wat oorlewe het toe hulle skip (die Niew Harlem) in 1647 naby Tafelberg gesink het, het ‘n verslag oor die hulpbronne by Tafelberg na die NOIK gestuur. In 1952 het die NOIK Jan van Riebeeck na die Kaap gestuur om ‘n verversingstasie te gaan vestig.

Na 'n bloeitydperk van amper 200 jaar, speel die Kompanjie omstreeks 1797 bankrot. Die Here XVII is in 1795 afgedank, en die VOC word vyf jaar later, op 1 Januarie 1800, formeel ontbind.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nederlandse Bank van Suid-Afrika Bpk.
Volgende onderwerp: Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:17:09 MGT 2024