Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nederduitse Gereformeerde Kerk
Nederduitse Gereformeerde Kerk [boodskap #123127] So, 30 Desember 2018 08:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die grootste kerk van die blanke bevolking in Suidelike Afrika. In 1652 is die oorspronklike setlaars onder Jan van Riebeeck vergesel van 'n 'ziekentrooster' wat, hoewel hy nie amptelik gekwalifiseer was nie, geestelike hulp moes verleen. Die eerste geordende predikant, ds. J. van Arckel, het in 1665 aangekom. In 1683 is met die bou van 'n kerk op Stellenbosch begin en in 1700 is die hoeksteen van die Groote Kerk in Kaapstad gelê. Kerksake is in 1804 deur die Kerkordinansie van De Mist beheer. Gedurende die vroeë 19de eeu is die tekort aan leraars te bowe gekom deur die invoer van 'n groot aantal Presbiteriaanse predikante uit Skotland. Hulle het 'n baie hoë standaard gehandhaaf en was die voorvaders van bekende families in Suid-Afrika, soos die Murrays, McGregors, Robertsons en Rose-Innes. In 1824 is die eerste Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kaapstad gehou en die eerste sendingwerk is in 1826 deur ds. L. Marquard gedoen. Die vertrek van sowat 10,000 lede van die kerk tydens die Groot Trek het aansienlike disorganisasie meegebring en dit het baie jare geduur voordat dit reggestel is.

Afgesien van die gedeeltelike gekwalifiseerde Erasmus Smit, het ds. Daniël Lindley en ander sendelinge na die Trekkers se geestelike welvaart omgesien, maar dr. Abraham Faure is in 1843 spesiaal gestuur om hulle te besoek en nuwe reëlings te tref. In 1859 is die eerste Teologiese Kweekskool op Stellenbosch geopen. In die jare '6o en '70 het gevalle van liberalisme regsgedinge veroorsaak waarin ds. J.J. Kotze en ds. T.F. Burgers betrokke was. In die jongste aantal jare het die Kerk hoofsaaklik gekonsentreer op maatskaplike en sendingwerk. Aantal lidmate (1963); 1,320,344 Blankes, 442,944 Kleurlinge en 556,898 Bantoes.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nederburgh, Sebastian Cornelis
Volgende onderwerp: Nederduitse Hervormde Kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:52:05 MGT 2024