Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nederburgh, Sebastian Cornelis
Nederburgh, Sebastian Cornelis [boodskap #123126] So, 30 Desember 2018 08:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sebastian Cornelis Nederburgh was 'n Hollandse Kommissaris-generaal in die Kaap die Goeie Hoop. Op 7 Maart 1762 in Den Haag gebore. In geselskap van Simon Hendrik Frijkenius het hy op 4 November 1791 vertrek om die sake van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, wat in 'n treurige toestand was, te ondersoek. Op 12 Junie 1792 het hulle in die fregat, die Amazone, in Simonstad aangekom. Hulle tref 'n hopelose toedrag van sake aan en gaan verder na Batavia waar Nederburgh tot 1799 bly voordat hy oor die Kaap na Holland terugkeer. Hy is op 11 Maart 1800 deur die H.M.S. Anson gevange geneem maar is toegelaat om na Holland voort te reis. Daar word hy in 1806 hoof van die Departement van Oos-Indië onder die Bataafse Republiek. Oorlede op 3 Augustus 1841 in Graven Zande.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ndumuwildtuin
Volgende onderwerp: Nederduitse Gereformeerde Kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:57:11 MGT 2024