Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Naudé, Jozua Francois (Tom)
Naudé, Jozua Francois (Tom) [boodskap #123119] So, 30 Desember 2018 08:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jozua François (Tom) Naudé was 'n voormalige Suid-Afrikaanse Parlementêre Speaker, President van die Senaat en waarnemende Staatspresident. Op 15 April 1889 op Middelburg, Kaapland gebore. Hy kwalifiseer in die regte en word in 1920 L.V. vir Pietersburg. Hy was onder meer Minister van Pos en Telegraafwese, Gesondheid, Finansies en Binnelandse Sake. In 1948 word hy aangestel as Speaker van die Volksraad en in 1960 President van die Senaat. Van 1967 tot 1968 was hy waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika. Hy is op 31 Mei 1969 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Naudé, Hugo
Volgende onderwerp: Nchanga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:56:03 MGT 2024